Regstreekse Dienste, Verkeer en Slimfoonkenmerke

Om die meeste uit jou toestel van dēzl™ te kry, moet jy die toestel met jou slimfoon paar en aan die Smartphone Link-toepassing verbind. Die Smartphone Link-toepassing stel jou toestel in staat om regstreekse data te ontvang, insluitend regstreekse verkeersdata, parkeertendense, rooilig- en spoedkameras en ander regstreekse dienste. Dit laat jou ook toe om gekoppelde kenmerke te gebruik, soos Versend-en-Naspoor-ritdeling en -boodskapversending.

Regstreekse verkeersdata

Stuur intydse verkeersdata na jou toestel, byvoorbeeld verkeersinsidente en -vertragings, konstruksiesones en padsluitings (Verkeer).

Regstreekse parkeerinligting

Stuur intydse parkeertendense na jou toestel, waar beskikbaar (Parkering).

Garmin® Regstreekse Dienste

Verskaf gratis en betaalde dienste om regstreekse data na jou toestel te stuur, byvoorbeeld rooilig- en spoedkameras, of verkeerskameras (Garmin Regstreekse Dienste).

Weerinligting

Stuur intydse weersomstandighede en -waarskuwings na jou toestel (Besigtig die Weervoorspelling).

Versend-en-Naspoor

Laat jou toe om versendings te ontvang en jou rit intyds te deel met ’n versender en gekose kontakte (Versend-en-Naspoor).

Slimkennisgewings

Vertoon foonkennisgewings en -boodskappe op jou toestel. Hierdie kenmerk is nie vir alle tale of boodskapsoorte beskikbaar nie.

Vryhand-oproepe

Stel jou in staat om jou toestel te gebruik om oproepe te maak en te ontvang en om die toestel as ’n vryhand-luidsprekerfoon te gebruik. Indien die gekose taal die stemopdragfunksie ondersteun, kan jy stemopdragte gebruik om oproepe te maak en te ontvang.

Stuur liggings na jou toestel

Stel jou in staat om liggings vanaf jou slimfoon na jou navigasietoestel te stuur.

Foursquare® aanmelding

Stel jou in staat om by liggings van Foursquare aan te meld met die gebruik van jou navigasietoestel (Aanmeld met Foursquare).

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-30B3BC65-3861-4756-B5C3-578F73D2CC26 v4