Stuur ’n Ligging vanaf Jou Slimfoon na Jou Toestel

Jy kan vir ’n ligging soek deur die Smartphone Link-toepassing op jou foon te gebruik, en dit na jou toestel van dēzl™ stuur.

  1. Maak die Smartphone Link-toepassing op jou slimfoon oop.
  2. Kies ’n opsie:
    • Kies Vind Nabygeleë Plekke om ’n nabygeleë ligging te vind, en voer die hele adres of ’n gedeelte daarvan, of die naam van ’n plek in.

    • Om ’n nabygeleë belangepunt van Foursquare® te vind, kies Foursquare, en kies ’n belangepunt uit die lys.

    • Om ’n ligging op die kaart te kies, kies Kies ligging, en raak aan die ligging op die kaart.

    • Om ’n adres vanuit jou kontaktelys te vind, kies Kontakte, en kies ’n kontaknaam.

    Die gekose ligging verskyn op die kaart.

  3. Kies Stuur.

    Die Smartphone Link-toepassing stuur die ligging na jou dēzl.

  4. Kies op jou dēzl toestel 'n opsie:
    • Om na die ligging te begin navigeer, kies Gaan!.

    • Om besonderhede oor die ligging te sien, of om die ligging na jou gunstelinge te berg, kies Location details.

    • Om die ligging te aanvaar sonder om navigasie te begin, kies Goed.

Die ligging verskyn in jou onlangs opgespoorde liggings op jou toestel van dēzl.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-30B3BC65-3861-4756-B5C3-578F73D2CC26 v4