Regstreekse Dienste, Verkeer en Slimfoonkenmerke

Om die meeste uit jou toestel van zūmo® te kry, moet jy die toestel met jou slimfoon paar en aan die Smartphone Link-toepassing verbind. Die Smartphone Link-toepassing stel jou toestel in staat om regstreekse data te ontvang, insluitend regstreekse verkeersdata, parkeertendense, rooilig- en spoedkameras en ander regstreekse dienste.

Regstreekse verkeersdata

Stuur intydse verkeersdata na jou toestel, byvoorbeeld verkeersinsidente en -vertragings, konstruksiesones en padsluitings (Verkeer).

Regstreekse parkeerinligting

Stuur intydse parkeertendense na jou toestel, waar beskikbaar (Parkering).

Garmin® Regstreekse Dienste

Verskaf gratis en betaalde dienste om regstreekse data na jou toestel te stuur, byvoorbeeld rooilig- en spoedkameras, of verkeerskameras (Garmin Regstreekse Dienste).

Weerinligting

Stuur intydse weersomstandighede en -waarskuwings na jou toestel (Besigtig die Weervoorspelling).

LiveTrack

Stel jou in staat om jou rit intyds met gekose kontakte te deel (LiveTrack).

Slimkennisgewings

Vertoon foonkennisgewings en -boodskappe op jou toestel. Hierdie kenmerk is nie vir alle tale beskikbaar nie.

Vryhand-oproepe

Stel jou in staat om jou toestel te gebruik om oproepe te maak en te ontvang en om die toestel as ’n vryhand-luidsprekerfoon te gebruik.

Stuur liggings na jou toestel

Stel jou in staat om liggings vanaf jou slimfoon na jou navigasietoestel te stuur.

Foursquare® aanmelding

Stel jou in staat om by liggings van Foursquare aan te meld met die gebruik van jou navigasietoestel (Aanmeld met Foursquare).

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-515D5BAE-484E-4875-B3D0-BEEF76440982 v3