Ontvang Kennisgewings

WAARSKUWING

Moet nie kennisgewing lees of dit beantwoord terwyl jy bestuur nie.

Voordat jou toestel van dēzl™ kennisgewings kan ontvang, moet jy dit aan jou slimfoon en die Smartphone Link-toepassing verbind.

’n Opspringvenster verskyn van die meeste bladsye wanneer die toestel ’n kennisgewing van jou slimfoon ontvang. Indien die toestel beweeg, moet jy bevestig jy is ’n passasier en nie die bestuurder nie voordat jy kennisgewings kan besigtig.

LET WEL: Indien jy die kaart besigtig, verskyn kennisgewings in ’n kaartnutsmiddel.
  • Om ’n kennisgewing te ignoreer, kies Goed.

    Die opspringvenster maak toe, maar die kennisgewing bly aktief op jou foon.

  • Om ’n kennisgewing te besigtig, kies Beskou.
  • Om na die kennisgewing te luister, kies Beskou > Speel.

    Die toestel lees die kennisgewing met die gebruik van teks-na-spraak-tegnologie. Hierdie kenmerk is nie vir alle tale beskikbaar nie.

  • Om ekstra handelinge uit te voer, bv. om die kennisgewing op jou foon toe te maak, kies Beskou, en kies ’n opsie.
    LET WEL: Ekstra handelinge is slegs vir sekere soorte kennisgewings beskikbaar, en moet ondersteun word deur die toepassing wat die kennisgewing genereer.
Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-30B3BC65-3861-4756-B5C3-578F73D2CC26 v4