Stuur ’n Versendboodskap na ’n dēzl Toestel

Voordat jy ’n versendboodskap kan stuur, moet die bestuurder die Versend-en-Naspoor-kenmerk opstel (Die Opstel van Versend-en-Naspoor-deling).

Jy kan ’n versendboodskap direk na ’n dēzl™ toestel stuur deur die Versend-en-Naspoor-kenmerk te gebruik. Dit kan handig wees om bygewerkte inligting aan ’n bestuurder te stuur.

LET WEL: Hierdie kenmerk is nie met alle toepassings vir slimfooon-boodskapversending versoenbaar nie.
  1. Berei ’n e-pos of teksboodskap met bygewerkte versendinginligting voor.
  2. Sluit die woord "dezl" enige plek in die onderwerpreël of lyf van die e-pos of teksboodskap in.
    LET WEL: Die woord "dezl" is nie kassensitief nie.
  3. Stuur die e-pos of teksboodskap na die bestuurder se slimfoon.

Die boodskap vertoon op die bestuurder se dēzl toestel en kan besigtig word terwyl die voertuig beweeg.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-30B3BC65-3861-4756-B5C3-578F73D2CC26 v4