Kaartnutsmiddels

Kaartnutsmiddels verskaf vinnige toegang tot inligting en toestelfunksies terwyl jy na die kaart kyk. Wanneer jy ’n kaartnutsmiddel aktiveer, verskyn dit in ’n paneel op die kaart se rand.

Stop

Stop navigasie van die aktiewe roete.

Verander roete

Stel jou in staat om ’n ompad te neem of liggings op jou roete oor te slaan.

Vorentoe

Vertoon opkomende liggings op die roete of die pad waarop jy reis (Vorentoe).

Draaie

Vertoon ’n lys opkomende draaie op jou roete (Bekyk Draaie en Aanwysings).

Ritdata

Vertoon verpersoonlikte ritdata, bv. spoed of kilometerlesing (Besigtig Ritdata vanaf die Kaart).

Volume

Verstel die meesteroudiovolume.

Helderheid

Verstel die skermhelderheid.

Telefoon

Vertoon ’n lys onlangse telefoonoproepe vanaf jou gekoppelde telefoon, en vertoon opsies tydens ’n aktiewe oproep (Gebruik In-oproep-opsies).

LiveTrack

Stel jou in staat om LiveTrack-deling (LiveTrack) te begin en te stop.

Verkeer

Vertoon verkeersomstandighede op jou roete of in jou gebied (Besigtig Opkomende Verkeer).

Weer

Vertoon weersomstandighede vir jou gebied.

photoLive

Vertoon regstreekse verkeerskameras vanaf jou photoLive-intekening (photoLive-verkeerskameras).

Rapporteer Kamera

Laat jou toe om ’n spoed- of rooiligkamera te rapporteer. Hierdie nutsmiddel is slegs beskikbaar wanneer jy spoed- of rooiligkameradata op jou toestel en ’n aktiewe verbinding aan die Smartphone Link-toepassing (Paring met Jou Foon en Verbinding aan Smartphone Link) het.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-515D5BAE-484E-4875-B3D0-BEEF76440982 v3