Statusbalk-ikone

Die statusbalk sit bo-aan die hoofkieslys. Die statusbalk-ikone vertoon inligting oor kenmerke op die toestel. Jy kan sommige ikone kies om instellings te verander of om bykomende inligting te sien.

GPS-seinstatusbalke

GPS-seinstatus. Hou in om GPS-akkuraatheid en opgespoorde satellietinligting te sien (Besigtig GPS-seinstatus).

Bluetooth-simbool

Bluetooth® tegnologiestatus. Kies om die instellings van Bluetooth te sien ( Bluetooth Instellings).

Wi-Fi-seinstatus

Wi-Fi-seinsterkte. Kies om die Wi-Fi-instellings te verander (Wi‑Fi Instellings).

Telefoon

Gekoppel aan vryhandoproepe. Kies om ’n oproep te maak (Vryhand-oproepdoen).

Voertuigprofiel

Aktiewe vervoermodus. Kies om die vervoermodus te verander.

Tyd van dag

Huidige tyd. Kies om die tyd te stel (Instel van die Tyd).

Batterylaaistatus

Battery-laaivlak.

LiveTrack-simbool

Deel tans LiveTrack-data. Die aantal uitgenooide kykers verskyn op die ikoon. Kies om die LiveTrack-toepassing (LiveTrack) oop te maak.

Smartphone Link-simbool

Smartphone Link status. Kies om te verbind aan die Smartphone Link-toepassing en regstreekse verkeersdata en ander regstreekse dienste te ontvang (Paring met Jou Foon en Verbinding aan Smartphone Link). Wanneer die ikoon blou is, is die toestel verbind aan die Smartphone Link-toepassing.

Temperatuur

Temperatuur. Kies om die weervoorspelling te sien (Besigtig die Weervoorspelling).

Brandstofstasie

Brandstofstatus. Kies om die brandstofkontrole-inligting te sien (Nagaan van Brandstof).

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-515D5BAE-484E-4875-B3D0-BEEF76440982 v3