Begin LiveTrack-deling
Wees versigtig wanneer jy jou ligginginligting met ander deel.
Voordat jy kan begin deel, moet jy die LiveTrack-kenmerk (Opstel van LiveTrack-deling, en Uitnooi van Kykers) opstel.
Jy kan jou LiveTrack-data begin deel met die gebruik van jou zūmo® toestel of die Smartphone Link-toepassing.
- Op zūmo toestel, kies .
- Maak die Smartphone Link-toepassing op jou slimfoon oop, en kies .
’n Skakel om jou LiveTrack-data te bekyk, word na jou ontsperde sosialenetwerkrekeninge geplaas, en ’n e-pos met die skakel word na jou uitgenooide kontakte gestuur. Terwyl jy deel, kan kykers op die skakel kliek om jou huidige ligging, onlangs besoekte liggings en die pad van jou onlangse reise intyds na te spoor.
verskyn in die zūmo statusbalk terwyl LiveTrack-deling aktief is. Die aantal uitgenooide kykers verskyn ook.
WENK: Die LiveTrack-deelsessies eindig by verstek outomaties ná 24 uur. In die Smartphone Link-program kan jy kies om die duur van die LiveTrack-deelsessie te verleng, of jy kan enige tyd ophou deel.
Oueronderwerp: LiveTrack