Paring met jou slimfoon

Jy kan jou Garmin® toestel met jou slimfoon en die Garmin Drive™ toepassing paar om bykomende kenmerke te ontsper en toegang tot regstreekse inligting te kry (Regstreekse Dienste, Verkeer en Slimfoonkenmerke) .

  1. Installeer die Garmin Drive toepassing vanuit die toepassingwinkel op jou slimfoon.
  2. Skakel jou Garmin toestel aan en plaas die toestel en jou slimfoon binne 3 m (10 vt.) van mekaar.
  3. Maak die Garmin Drive toepassing op jou foon oop.
  4. Volg die instruksies op die skerm om by ’n Garmin rekening aan te teken en die paar- en opstelproses te voltooi.

Die hoof-toepassingpaneelbord verskyn. Nadat die toestelle gepaar is, verbind hulle outomaties wanneer hulle aangeskakel en binne reikafstand is.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-67B57FCE-CAE5-4581-AC83-0C5634DF7DBF v5