Jou Roete op die Kaart

KENNISGEWING

Die spoedgrenskenmerk is slegs vir inligting en vervang nie die bestuurder se verantwoordelikheid om alle gegewe spoedgrenstekens na te kom en om te alle tye veilige bestuursoordeel te gebruik nie. Garmin® sal nie verantwoordelik wees vir enige verkeersboetes of dagvaardings wat jy kan ontvang vir versuim om alle toepaslike verkeerswette en -tekens na te kom nie.

Die roete word met 'n magenta-lyn gemerk. 'n Geruite vlag dui jou bestemming aan.

Namate jy reis, lei die toestel jou met stemaanwysings, pyltjies op die kaart en aanwysings bo-aan die kaart na jou bestemming. Indien jy van die oorspronklike roete afwyk, herbereken die toestel die roete en verskaf nuwe aanwysings.

’n Dataveld wat die huidige spoedgrens vertoon kan verskyn soos jy op hoofpaaie reis.


Roete op die kaart
Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-10EE8A77-0D40-4D71-B30D-04103683B2D0 v3