Kaartnutsmiddels
Kaartnutsmiddels verskaf vinnige toegang tot inligting en toestelfunksies terwyl jy na die kaart kyk. Wanneer jy ’n kaartnutsmiddel aktiveer, verskyn dit in ’n paneel op die kaart se rand.
- Stop
-
Stop navigasie van die aktiewe roete.
- Verander roete
-
Stel jou in staat om ’n ompad te neem of liggings op jou roete oor te slaan.
- Vorentoe
-
Vertoon opkomende liggings op die roete of die pad waarop jy reis (Vorentoe).
- Draaie
-
Vertoon ’n lys opkomende draaie op jou roete (Bekyk Draaie en Aanwysings).
- Ritdata
-
Vertoon verpersoonlikte ritdata, bv. spoed of kilometerlesing (Besigtig Ritdata vanaf die Kaart).
- Volume
-
Verstel die meesteroudiovolume.
- Helderheid
-
Verstel die skermhelderheid.
- Telefoon
-
Vertoon ’n lys onlangse telefoonoproepe vanaf jou gekoppelde telefoon, en vertoon opsies tydens ’n aktiewe oproep (Gebruik In-oproep-opsies).
- Versend-en-Naspoor
-
Stel jou in staat om Versend-en-Naspoor-deling te begin en te stop (Versend-en-Naspoor).
- Verkeer
-
Vertoon verkeersomstandighede op jou roete of in jou gebied (Besigtig Opkomende Verkeer).
- Weer
-
Vertoon weersomstandighede vir jou gebied.
- photoLive
-
Vertoon regstreekse verkeerskameras vanaf jou photoLive-intekening (photoLive-verkeerskameras).
- Rapporteer Kamera
-
Laat jou toe om ’n spoed- of rooiligkamera te rapporteer. Hierdie nutsmiddel is slegs beskikbaar wanneer jy spoed- of rooiligkamera-data op jou toestel en ’n aktiewe verbinding aan die Smartphone Link-toepassing het (Paring met Jou Foon en Verbinding aan Smartphone Link).
- Hoogte
-
Vertoon elevasieveranderinge vorentoe.
- Rustydbeplanner
-
Vertoon rustydherinnerings en voorgestelde stoppe.