Oorwegings by die montering van eksterne antennas

Jy kan die eksterne antennas op jou voertuig installeer om die akkuraatste posisiedata vir jou navigasietoestel te verkry. Neem hierdie riglyne in ag vir die beste prestasie wanneer jy die monteringsligging vir die antenna kies.

LET WEL: Eksterne antennas word slegs by die Tread® XL - Baja Race Edition-toestel ingesluit.
  • Om die beste ontvangs te verseker moet jy die antennas op ’n plek installeer wat ’n duidelike, onbelemmerde uitsig in alle rigtings op die lug bied.

  • Jy moenie die antennas naby die enjin of ander bronne van elektromagnetiese versteuring (EMI) monteer nie.

  • Jy moet die antennas minstens 5 cm (2 duim) van mekaar af monteer.

GUID-B3443908-7800-44A1-BE1E-0D780C075CBA v3
Augustus 2023