Bywerking van kaarte en sagteware met behulp van ’n Wi‑Fi netwerk
Kaart- en sagtewarebywerkings kan moontlik vereis dat die toestel groot lêers aflaai. Gewone datalimiete of -heffings van jou internetdiensverskaffer is van toepassing. Kontak jou internetdiensverskaffer vir verdere inligting oor datalimiete of -heffings.
Jy kan die kaarte en sagteware bywerk deur jou toestel aan ’n netwerk van Wi‑Fi® te verbind wat toegang tot die internet verskaf. Dit stel jou in staat om jou toestel bygewerk te hou sonder om dit aan ’n rekenaar te koppel.
WENK: Indien ’n kaartbywerking onderbreek of gekanselleer word voordat dit voltooi is, kan jou toestel moontlik kaartdata ontbreek. Om ontbrekende kaartdata te herstel, moet jy die kaarte weer bywerk deur óf Wi‑Fi óf Garmin Express™ te gebruik.
Oueronderwerp: Kaart- en Sagtewarebywerkings