Verpersoonliking van die Kaart

Verpersoonliking van die Kaartlae

  1. Vanaf die kaart, kies Kaartlae > Lae.
  2. Onder Kaarttipe, kies ’n kaarttipe.

    By party kaarttipes kan jy Kontekskieslys > Hibriede kaart kies om twee kaarttipes te kombineer.

    LET WEL: Die Satellietbeelde-kaart wys satellietbeelde net vir gebiede waar jy satellietbeelde afgelaai het (Laai Outdoor Maps+-inhoud af).
  3. Kies onder Kaartbesonderhede die soorte inligting om oor die kaart te vertoon.
    LET WEL: Party lae is onversoenbaar met mekaar en kan nie gelyktydig geaktiveerr word nie. As ’n laag outomaties geaktiveer word, versper dit enige onversoenbare lae.
    LET WEL: Party kaartlae vereis ’n Outdoor Maps+-intekening.

Laai Outdoor Maps+-inhoud af

Voordat jy Outdoor Maps+-inhoud kan aflaai, moet jy ’n Outdoor Maps+-intekening koop. Besoek garmin.com/outdoormaps vir meer inligting.

Jy moet jou toestel aan Wi‑Fi® verbind voordat jy Outdoor Maps+-inhoud kan aflaai (Verbind aan ’n koordlose netwerk).

Om Outdoor Maps+-inhoud op die kaart te sien, moet jy die inhoud vir ’n spesifieke gebied aflaai.

LET WEL: Party Outdoor Maps+-lae is net in sekere gebiede beskikbaar.
  1. Kies Instellings > Kaartskerm > Kaartbestuurder > Outdoor Maps+ > Laai kaarte af.
  2. Sleep die kaart en knyp om in en uit te zoem op die kaart tot die verhelderde reghoek die gebied bedek waarvoor jy die kaartdata wil aflaai.
    WENK: Wanneer jy die grootte van die gebied verander, sal die totale aflaaigrotte en jou huidige skyfgebruik bo-aan die skerm verskyn.
  3. Kies Lae met plus-teken.
  4. Kies elke kaartlaag wat jy wil aflaai.
    WENK: Jy kan aan Kontekskieslys raak om inligting oor elke kaartlaag te sien.

    Die gekose kaartlae word met ’n regmerk gemerk.

  5. Kies Terug na vorige bladsy.
  6. Kies Pyltjie af om te begin aflaai.

    Jy kan jou toestel aanhou gebruik terwyl jy Outdoor Maps+-inhoud aflaai.

Besigtiging van die Kaartsleutel

Elemente op elke kaartlaag is kleurgekodeer om verskillende inligting te verteenwoordig. Jy kan die kaartsleutel besigtig om te sien wat elke kleur verteenwoordig.

Kies Kaartlae > Inligting.

Verander die Kaartdataveld

  1. Kies 'n dataveld vanaf die kaart.
    LET WEL: Jy kan nie Spoed verpersoonlik nie.
  2. Kies 'n soort data om te vertoon.

Verander die kaartknoppies

  1. Hou ’n kaartknoppie in op die kaart.
  2. Kies ’n opsie:
    • Om ’n kaartknoppie te vervang, kies ’n kaartknoppie en kies ’n kaartknoppie om te vertoon.

    • Om ’n kaartknoppie te verwyder, kies Skrap.

  3. Kies Berg.

Verander die kaartperspektief

  1. Kies Instellings > Kaartskerm > Rykaartaansig.
  2. Kies ’n opsie:
    • Kies Roete Op om die kaart in twee dimensies te vertoon (2-D) met jou reisrigting aan die bokant.

    • Kies Noord Op om die kaart in 2-D te vertoon met noord aan die bokant.

    • Kies 3-D om die kaart in drie dimensies te vertoon.

    • Kies Outomatiese zoem na groep om die zoemvlak outomaties na alle ryers in die groep te verstel wat op die kaart sigbaar is.

  3. Kies Berg.
GUID-157A2412-594F-45D8-A5EE-5A5327DA0914 v9
Desember 2025