Regstreekse Dienste, Verkeer en Slimfoonkenmerke
Moenie kennisgewings lees of daarop reageer terwyl jy bestuur nie, omdat dit tot ’n ongeluk kan lei wat op ernstige persoonlike besering of die dood kan uitloop.
Garmin® is nie verantwoordelik vir die akkuraatheid of tydigheid van die verkeersinligting nie.
Die Tread® toepassing laat jou toestel toe om slimkennisgewings en regstreekse inligting te ontvang, soos regstreekse verkeersdata en weerinligting.
- Regstreekse verkeersdata
-
Stuur regstreekse verkeersdata na jou toestel, byvoorbeeld verkeersinsidente en -vertragings, konstruksiesones en padsluitings (Verkeer).
- Weerinligting
-
Stuur intydse weervoorspellings, padtoestande en weerradar na jou toestel (Kyk na die weervoorspelling).
- Slimkennisgewings
-
Vertoon foonkennisgewings en -boodskappe op jou toestel. Hierdie kenmerk is nie vir alle tale beskikbaar nie.
- Vryhand-oproepe
-
Laat jou toe om met gebruik van jou gekoppelde Bluetooth® kopstuk foonoproepe deur die toestel te maak en te ontvang.
- Stuur liggings na jou toestel
-
Stel jou in staat om liggings vanaf jou slimfoon na jou navigasietoestel te stuur.