Paneelbordkamera-instellings
Kies .
- Kameraplasing
-
Laat jou toe om die voertuighoogte en kameraposisie te stel, en om die paneelbordkamera in lyn te bring (Die in lyn bring van die kamera).
- Outomatiese opneem
-
Ontsper die paneelbordkamera om outomaties video te begin opneem as jy die toestel aanskakel.
- Bestuurderbystand-waarskuwingtone
-
Ontsper die toestel om ’n klank te speel wanneer ’n voorkant-botsingwaarskuwing of baanverlatingwaarskuwing afgaan.
- Voorkant-botsingwaarskuwing
-
Stel jou in staat om die voorkant-botsingwaarskuwing te ontsper en die sensitiwiteit te stel (Botsingwaarskuwingstelsel vir Voorkant). ’n Hoër sensitiwiteit waarsku jou gouer as ’n laer sensitiwiteit.
- Baanverlatingwaarskuwing
-
Ontsper ’n waarskuwing wanneer die toestel bespeur dat jy moontlik die grens van ’n baan onopsetlik oorsteek (Baanverlatingwaarskuwing-stelsel).
- Videoresolusie
-
Stel die resolusie en gehalte vir paneelbordkamera-opnames.
- Ongebergde filmmateriaal
-
Bepaal wanneer die toestel ongebergde videobeeldmateriaal skrap. Wanneer die Skrap wanneer vol-opsie gekies is, skrap die toestel die oudste ongebergde video wanneer die geheuekaartberging vol is. Wanneer die Skrap spoedig-opsie gekies is, skrap die toestel voortdurend ongebergde video wat ouer as drie minute is en skrap dit alle ongebergde video elke keer wat dit afgeskakel word. Dit is handig om dataprivaatheid te help beskerm. Terwyl die Skrap spoedig-opsie gekies is, kan jy nie Travelapse™ video’s opneem of ongebergde video in die galery kyk nie.
- Neem oudio op
-
Ontsper of versper oudio-opname terwyl jy met die paneelbordkamera opneem.
- Data-oorlegging
-
Sluit datum-, tyd-, ligging- en snelheidinligting in die opgeneemde video in.
- Neem op na kragverlies
-
Gaan voort om video vir ’n gekose tydperk op te neem nadat eksterne krag verloor is.