Die in lyn bring van die kamera

WAARSKUWING

Moenie probeer om die kamera in lyn te bring terwyl jy bestuur nie.

Jy moet die paneelbordkamera in lyn bring elke keer wat jy die toestel monteer of van posisie verander.

  1. Kies Paneelbordkamera.
  2. Kantel die toestel om die kamera in lyn te bring.

    Die kruisdraadjies moet reguit vorentoe wys en die horisontale lyn moet tussen die bokant en onderkant van die skerm gesentreer wees.

    WENK: Indien die suigdoppie in die paneelbordkamera se sigveld verskyn, moet jy die skarnierarm na die suigdoppie skuif.
Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-260D9C3C-8A96-42DD-8D3B-6F6B7C616338 v5