Werkingswenke vir Voorkant-botsingwaarskuwingstelsel

Verskeie faktore beïnvloed die werking van die voorkant-botsingwaarskuwingstelsel (FCWS). Sekere toestande kan verhoed dat die FCWS-kenmerk ’n voertuig voor jou bespeur.

  • Die FCWS-kenmerk word slegs geaktiveer indien jou voertuigsnelheid 50 km/h (30 m.p.u.) oorskry.

  • Die FCWS-kenmerk kan dalk nie ’n voertuig voor jou bespeur indien die kamera se aansig van die voertuig deur reën, mis, sneeu, son- of voorlampskynsel, of donkerte belemmer word nie.

  • Die FCWS-kenmerk kan dalk nie behoorlik werk indien die kamera verkeerd in lyn gebring is nie (Die in lyn bring van die kamera).

  • Die FCWS-kenmerk kan dalk nie voertuie verder as 40 m (130 vt.) weg of nader as 5 m (16 vt.) bespeur nie.

  • Die FCWS-kenmerk kan dalk nie behoorlik funksioneer indien die kameraplasing-instellings nie jou voertuighoogte of die plasing van jou toestel in die voertuig korrek aandui nie (Die in lyn bring van die kamera).

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-260D9C3C-8A96-42DD-8D3B-6F6B7C616338 v5