My video-opnames haak vas of is onvolledig
- Gebruik ’n geheuekaart van hoë gehalte met ’n spoedgradering van klas 10 of hoër vir die beste kamera- en videoresultate.
’n Stadiger geheuekaart sal video dalk nie vinnig genoeg opneem nie.
- As jy video’s op jou slimfoon kyk met ’n koordlose verbinding na die kamera, probeer dit in ’n ander ligging met minder koordlose steuring kyk, of probeer om video’s na die slimfoon oor te dra (Snoei en uitvoer van ’n video).
- Dra belangrike opnames oor na ’n rekenaar of slimfoon en formateer die geheuekaart (Formatering van die paneelbordkamera-geheuekaart).
- As die toestel ’n geheuekaartfout-waarskuwing wys, moet jy eers probeer om die geheuekaart te formateer (Formatering van die paneelbordkamera-geheuekaart) en dan, indien nodig, die geheuekaart vervang (Vervanging van die paneelbordkamera-geheuekaart).
- Dateer jou toestel op na die nuutste sagteware (Kaart- en Sagtewarebywerkings).
Oueronderwerp: Foutopsporing