Formatering van die paneelbordkamera-geheuekaart

Die paneelbordkamera vereis ’n geheuekaart wat geformateer is met gebruik van die FAT32-lêerstelsel. Jy kan die toestel gebruik om jou kaart met behulp van hierdie lêerstelsel te formateer.

Jy moet jou geheuekaart ten minste een keer elke 6 maande formateer, om die geheuekaart se lewensduur te help verleng. Jy moet ook ’n splinternuwe geheuekaart formateer indien dit nie met die FAT32-lêerstelsel geformateer is nie.

LET WEL: Formatering van die geheuekaart vee alle data op die kaart uit.
  1. Kies Toepassingslaai > Navigasie > Paneelbordkameragalery.
  2. Kies Opsieskieslys > Formateer geheuekaart.
Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-260D9C3C-8A96-42DD-8D3B-6F6B7C616338 v5