Ontvang Kennisgewings

WAARSKUWING

Moet nie kennisgewings lees of dit beantwoord terwyl jy bestuur nie.

Voordat jy hierdie kenmerk kan gebruik, moet jou toestel aan ’n gesteunde foon verbind wees wat die Garmin Drive™ toepassing loop (Regstreekse Dienste, Verkeer en Slimfoonkenmerke).

’n Opspringvenster verskyn van die meeste bladsye wanneer die toestel ’n kennisgewing van jou slimfoon ontvang. Indien die toestel beweeg, moet jy bevestig jy is ’n passasier en nie die bestuurder nie voordat jy kennisgewings kan besigtig.

LET WEL: Indien jy die kaart besigtig, verskyn kennisgewings in ’n kaartnutsmiddel.
  • Om ’n kennisgewing te ignoreer, kies Goed.

    Die opspringvenster maak toe, maar die kennisgewing bly aktief op jou foon.

  • Om ’n kennisgewing te besigtig, kies Beskou.
  • Om na die kennisgewing te luister, kies Beskou > Speel.

    Die toestel lees die kennisgewing met die gebruik van teks-na-spraak-tegnologie. Hierdie kenmerk is nie vir alle tale beskikbaar nie.

  • Om ekstra aksies uit te voer, bv. om die kennisgewing op jou foon toe te maak, kies Beskou, en kies ’n opsie.
    LET WEL: Bykomende aksies is slegs vir sekere soorte kennisgewings beskikbaar, en moet ondersteun word deur die toepassing wat die kennisgewing genereer.
GUID-AF837291-0C38-4D1A-A4F8-A65BA6E1EF4D v4
Oktober 2024