Bluetooth Verbindingsfunksies

Die toestel het verskeie Bluetooth® verbindingsfunksies vir jou versoenbare slimfoon. Party funksies vereis dat jy die Smartphone Link toepassing op jou slimfoon installeer. Besoek garmin.com/smartphonelink vir meer inligting.

Vryhand-oproepdoen

Stel jou in staat om jou toestel te gebruik om oproepe te maak en te ontvang en om die toestel as ’n vryhand-luidsprekerfoon te gebruik. Indien die gekose taal die stemopdragfunksie ondersteun, kan jy oproepe maak deur stemopdragte te gebruik.

Kennisgewings

Vertoon foonkennisgewings en -boodskappe op jou toestel. Hierdie kenmerk is nie vir alle tale beskikbaar nie.

Stuur Liggings na Jou Toestel

Stel jou in staat om liggings vanaf jou slimfoon na jou navigasietoestel te stuur.

Foursquare® Aanmeld

Stel jou in staat om by liggings van Foursquare aan te meld met die gebruik van jou navigasietoestel.

Weerbywerkings

Stuur intydse weersomstandighede en -waarskuwings na jou toestel.

Garmin® Regstreekse Dienste

Verskaf intekening-gebaseerde dienste om regstreekse data op jou toestel te besigtig, bv. verkeersomstandighede, parkering en gevorderde weervoorspellings.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-6A590181-5918-4A19-A562-23112D733699 v5