Bestuurderbystandinstellings

Kies Instellings > Bestuurderhulp.

Hoorbare bestuurderwaarskuwings

Ontsper ’n hoorbare waarskuwing vir elke soort bestuurderwaarskuwing (Bestuurderbewustheidskenmerke en -Waarskuwings).

Uitputtingswaarskuwing

Waarsku jou wanneer jy ’n lang tydperk sonder verposing bestuur het.

Insidentkennisgewing

Stel jou in staat om ’n kontak op te stel wat in kennis gestel kan word wanneer die toestel ’n moontlike voertuiginsident bespeur (Insidentbespeuring en -kennisgewings).

Nabyheid-waarskuwings

Waarsku jou wanneer jy naby selfgekose belangepunte of rooiligkameras is.

LET WEL: Jy moet selfgekose belangepunte (BP's) gelaai hê voordat nabyheidspunte-waarskuwings vertoon kan word. Hierdie kenmerk is nie in alle areas beskikbaar nie.
Voorkant-botsingwaarskuwing

Stel jou in staat om die voorkant-botsingwaarskuwing te ontsper en die sensitiwiteit te stel (Botsingwaarskuwingstelsel vir Voorkant). ’n Hoër sensitiwiteit waarsku jou gouer as ’n laer sensitiwiteit.

Garmin Real Vision™

Ontsper of versper Garmin Real Vision™, wat leidinginligting oorlê na ’n regstreekse beeld vanaf die paneelbordkamera (Bestemmingaankoms met Garmin Real Vision).

Ry-waarskuwing

Waarsku jou wanneer stilstaande verkeer begin beweeg (Ry-waarskuwing).

Baanverlatingwaarskuwing

Ontsper ’n waarskuwing wanneer die toestel bespeur dat jy moontlik die grens van ’n baan onopsetlik oorsteek (Baanverlatingwaarskuwing-stelsel).

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-75636338-CD03-4200-9895-BB99BD4A5EA6 v5