Insidentbespeuring en -kennisgewings
Jou toestel van Garmin DriveAssist™ gebruik ingeboude sensors om ’n moontlike voertuiginsident te bespeur.
-
Die toestel berg outomaties paneelbordkamerabeeldmateriaal voor, tydens en ná die bespeurde insident.
-
Indien jy ’n insidentkontak opstel, kan die toestel ’n geoutomatiseerde teksboodskap na daardie kontak stuur wanneer dit ’n insident bespeur en jou voertuig ophou beweeg. Dit kan help om die kontak op jou situasie attent te maak indien jy nie in staat is om te bel of ’n boodskap te stuur nie. Hierdie kenmerk benodig ’n verbinding met Smartphone Link en ’n aktiewe mobieledataverbinding om ’n boodskap te stuur.
-
Indien jy nie ’n insidentkontak opgestel het nie, vertoon die toestel outomaties die naaste adres of geografiese koördinate wanneer dit ’n insident bespeur. Hierdie is ’n nuttige eienskap as jy noodpersoneel moet inlig waar jy jou bevind. Jy kan Meer kies om die Waar Is Ek?-bladsy te sien.
- Opstel van ’n Insidentkontak
- Kansellering van ’n Insidentkennisgewing
- Versperring van Insidentkennisgewings