Kamera-instellings

Kies Instellings > Kamera.

Garmin Real Vision™

Vertoon ’n kamera-aansig wanneer jy sekere bestemmings nader (Bestemmingaankoms met Garmin Real Vision Bystand).

Voorkant-botsingwaarskuwing

Waarsku jou wanneer die toestel bespeur dat jy die voertuig voor jou te naby volg (Botsingwaarskuwingstelsel vir Voorkant).

Voorkant-botsingsensitiwiteit

Laat jou toe om die sensitiwiteit van die voorkant-botsingwaarskuwing te stel. ’n Hoër sensitiwiteit waarsku jou gouer as ’n laer sensitiwiteit.

Baanverlatingwaarskuwing

Waarsku jou indien die toestel bespeur dat jy moontlik ’n baangrens per ongeluk oorsteek (Baanverlatingwaarskuwing-stelsel).

Kameraplasing

Laat jou toe om die plasing van jou toestel in die voertuig aan te dui.

Voertuighoogte

Laat jou toe om die voertuigklas te spesifiseer waarin die toestel geïnstalleer is. Dit help om die akkuraatheid van bestuurderbystand-kenmerke te verbeter, veral as jy die toestel in ’n paneelwa, vragmotor of ander hoë voertuig gebruik.

Ry-waarskuwing

Waarsku jou wanneer stilstaande verkeer begin beweeg (Ry-waarskuwing).

Neem op vanaf aanskakeling

Aktiveer die paneelbordkamera om outomaties video te begin opneem as jy die toestel aanskakel.

Outomatiese ongelukbespeuring

Berg video outomaties as die toestel ’n moontlike bestuurinsident bespeur.

Data-oorlegging

Sluit datum-, tyd-, ligging- en snelheidinligting in die opgeneemde video in.

Videoresolusie

Stel die resolusie en gehalte vir video-opnames.

Neem op na kragverlies

Gaan voort om video vir ’n gekose tydperk op te neem nadat eksterne krag verloor is.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-FA719139-D362-4A9B-B9EA-3FD7495AF362 v6