Bestemmingaankoms met Garmin Real Vision Bystand
Die Garmin Real Vision™ kenmerk vertoon outomaties ’n kamera-aansig wanneer sekere bestemmings genader word, insluitend adresse en geografiese koördinate. Die ligging van jou bestemming verskyn op ’n afbeelding van jou omgewing wat deur die paneelbordkamera vasgelê is.
Sekere toestande kan verhoed dat hierdie kenmerk verskyn.
-
Hierdie kenmerk is nie in alle areas of vir alle soorte bestemmings beskikbaar nie.
-
Hierdie kenmerk sal dalk nie verskyn vir bestemmings ver van die roete of pad af, naby aan ’n draai of maneuver of vir ’n bestemming op ’n kronkelende of heuwelagtige pad nie.
-
Hierdie kenmerk kan dalk nie verskyn indien die pad of bestemming deur weer, plantegroei of ander obstruksies belemmer word nie.
-
Hierdie kenmerk kan dalk nie in baie helder of donker omgewings verskyn nie.