Werkingwenke vir Baanverlatingwaarskuwing
Verskeie faktore beïnvloed die werking van die baanverlatingwaarskuwing-stelsel (LDWS). Sekere toestande kan verhoed dat die LDWS-kenmerk baanverlatings bespeur.
-
Die LDWS-kenmerk voorsien slegs waarskuwings indien jou voertuigsnelheid 64 km/h (40 m.p.u.) oorskry.
-
Die LDWS-kenmerk verskaf nie waarskuwings op sekere padtipes, soos hoofweg-opritte/afritte of saamsmeltbane, nie.
-
Die LDWS-kenmerk kan dalk nie behoorlik werk indien die kamera verkeerd in lyn gebring is nie (In lyn bring van Kamera).
-
Die LDWS-kenmerk kan dalk nie behoorlik funksioneer indien die Kameraplasing-opsie nie die plasing van jou toestel in die voertuig korrek aandui nie.
-
Die LDWS-kenmerk benodig ’n duidelike, voortgesette aansig van die baanverdelerlyne.
-
Baanverlatings kan dalk nie bespeur word nie indien verdelerlyne deur reën, mis, sneeu, uiterste skaduwees, son- of voorlampskynsel, padbou of enige ander visuele obstruksie belemmer word nie.
-
Baanverlatings kan dalk nie bespeur word indien baanverdelerlyne nie met mekaar in lyn is nie, ontbreek of erg weggeslyt is nie.
-
-
Die LDWS-kenmerk kan dalk nie baanverlatings op uiters wye, smal of kronkelende paaie bespeur nie.