Statusbalk-ikone
Die statusbalk sit bo-aan die hoofkieslys. Die statusbalk-ikone vertoon inligting oor kenmerke op die toestel. Jy kan sommige ikone kies om instellings te verander of om bykomende inligting te sien.
| GPS-seinstatus. Hou in om GPS-akkuraatheid en opgespoorde satellietinligting te sien (Besigtig GPS-seinstatus). | |
| Huidige tyd. Kies om die tyd te stel (Instel van die Tyd). | |
| Battery-laaivlak. | |
|
| Deel tans LiveTrack-data. Die aantal uitgenooide kykers verskyn op die ikoon. Kies om die LiveTrack-toepassing oop te maak (LiveTrack). |
| Smartphone Link status. Kies om te verbind aan die Smartphone Link-toepassing en regstreekse verkeersdata en ander regstreekse dienste te ontvang (Verbind tans aan Smartphone Link). Wanneer die ikoon blou is, is die toestel verbind aan die Smartphone Link-toepassing. | |
| | Temperatuur. Kies om die weervoorspelling te sien (Besigtig die Weervoorspelling). |