Aankoms by Jou Bestemming

Wanneer jy jou bestemming nader, verskaf die toestel inligting om jou te help om jou roete te voltooi.

  • Bestemmingvlag dui jou bestemming se ligging op die kaart aan, en ’n stemporboodskap kondig aan dat jy jou bestemming nader.

  • Wanneer jy sommige bestemmings nader, por die toestel jou outomaties aan om parkeerplek te soek. Jy kan Ja kies om nabygeleë parkeerareas te vind (Parkering Naby Jou Bestemming).

  • Wanneer jy verder van jou bestemming moet parkeer of stop, kan jy per voet verder na jou bestemming vorder met die gebruik van jou Garmin Drive™ toestel of ’n versoenbare Garmin® horlosie met Connect IQ™ (Vind Jou Bestemming deur Jou Garmin Horlosie te Gebruik).

  • Wanneer jy by jou bestemming stop, beëindig die toestel die roete outomaties. Indien die toestel jou aankoms nie outomaties bespeur nie, kan jy Stop kies om jou roete te beëindig.