Parkering Naby Jou Bestemming

Jou toestel kan jou help om ’n parkeerplek naby jou bestemming te vind. Wanneer jy sommige bestemmings nader, sê die toestel outomaties vir jou om parkeerplek te soek.

  1. Kies ’n opsie:
    • Wanneer die toestel jou por, kies Ja om vir nabygeleë parkering te soek.

    • Indien die toestel jou nie por nie, kies Waarheen? > Kategorieë > Parkering, en kies Wysig soekgebied > My Bestemming.

  2. Kies Filtreer parkering, en kies een of meer kategorieë om parkering volgens beskikbaarheid, tipe, prys of betaalmetode (opsioneel) te filtreer.
    LET WEL: Gedetailleerde parkeerdata is nie in alle areas of vir alle parkeerliggings beskikbaar nie.
  3. Kies ’n parkeerligging, en kies Gaan! > Voeg as volgende stop by.

Die toestel lei jou na die parkeerarea.

Nadat jy jou voertuig geparkeer het, kan jy per voet verder na jou bestemming vorder met gebruik van jou Garmin Drive™ toestel of ’n versoenbare Garmin® horlosie met Connect IQ™ (Vind Jou Bestemming deur Jou Garmin Horlosie te Gebruik). Jou toestel of Garmin horlosie kan jou ook teruglei na hierdie parkeerplek wanneer jy na jou voertuig terugkeer (Vind Jou Laaste Parkeerplek).