Skeduleer 'n Rit

Jy kan skedule-inligting by elke ligging in jou rit voeg, inbegrepe die gewenste aankomstyd en vertoeftyd by elke ligging. Dit kan jou help om jou vertrek só te beplan dat jy liggings op jou rit betyds bereik.

  1. Kies Toepassings > Ritbeplanner.
  2. Kies ’n rit.
  3. Kies Kieslys > Ritinstellings > Wysig Skedule.
  4. Kies ’n ligging en volg die instruksies op die skerm om die skedule-inligting in te voer.
    WENK: As jy veelvuldige liggings op jou rit moet skeduleer, moet jy begin by die rit se begin, en na die einde toe werk.
  5. Herhaal stap 4 om skedule-inligting vir aanvullende liggings in te voer.
  6. Wanneer jy klaar is, kies Berg.

Om jou stoppe en bestemmings op die geskeduleerde tyd te bereik, moet jy die tyd vertrek wat onder die beginpunt gewys word wanneer jy die rit navigeer. Die skedule is net ’n beraming. Verkeerstoestande, konstruksie en ander vertragings kan dalk jou werklike aankomstye beïnvloed.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-6B108B9F-CA46-46F1-87C7-AFED877A3A67 v6