Verkeer

KENNISGEWING

Garmin® is nie verantwoordelik vir die akkuraatheid of tydigheid van die verkeersinligting nie.

Verkeersinligting is moontlik nie in alle areas of lande beskikbaar nie. Vir inligting oor verkeersontvangers en dekkingsgebiede, besoek www.garmin.com/traffic.

'n Verkeersontvanger word in sommige pakkette ingesluit, dit word ingebou in óf die voertuigkragkabel óf die toestel, en dit is 'n opsionele bybehoorsel vir alle modelle.

  • Verkeerswaarskuwings verskyn op die kaart indien daar verkeersvoorvalle op jou roete of in jou area is.

  • Jy kan verkeersinligting deur 'n verkeersontvanger ontvang of as 'n intekeningdiens deur Smartphone Link (Garmin Regstreekse Dienste).

  • Die toestel moet aan Smartphone Link gekoppel wees met 'n aktiewe verkeersintekening om verkeersinligting deur Smartphone Link te ontvang.

  • Die toestel moet aan voertuigkrag gekoppel wees om verkeersinligting deur 'n verkeersontvanger te ontvang.

  • Die verkeersontvanger, wat van krag voorsien word, en die toestel moet moontlik binne databereik van ’n stasie wees wat verkeersdata uitsaai om verkeersinligting te ontvang.

  • Jy hoef nie die intekening te aktiveer wat by jou toestel of verkeersontvanger ingesluit is nie.

  • Indien jou toestel 'n eksterne verkeersantenna insluit, moet jy altyd die eksterne antenna ingeprop hou vir die beste verkeersontvangs.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-E62B4DAB-6BEC-4435-8638-2E8C5AB91ABF v5