Ontvang Slimkennisgewings

WAARSKUWING

Moet nie kennisgewings lees of dit beantwoord terwyl jy bestuur nie.

Voordat jou dēzl™ toestel kennisgewings kan ontvang, moet jy dit aan jou slimfoon en die Smartphone Link-toepassing verbind.

Wanneer jou dēzl toestel ’n kennisgewing vanaf jou slimfoon ontvang, verskyn ’n kennisgewing in die dēzl statusbalk.

  • Kies dié kennisgewing om die volledige kennisgewing te lees.
    LET WEL: Jy kan nie slimkennisgewings lees terwyl die voertuig beweeg nie.
  • Om na die kennisgewing te luister, kies Speel.

    Die toestel lees die kennisgewing met die gebruik van teks-na-spraak-tegnologie. Hierdie kenmerk is nie vir alle tale beskikbaar nie.

  • Om die kennisgewing toe te maak, vee dit na links of regs.
Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-E3EEE22C-B272-4306-A0C9-4E4ECDA3BE3A v3