Regstreekse Dienste, Verkeer en Slimfoonkenmerke

Om die meeste uit jou dēzl™ toestel te kry, moet jy die toestel met jou slimfoon paar en aan die Smartphone Link-toepassing verbind. Die Smartphone Link-toepassing stel jou toestel in staat om regstreekse data te ontvang, insluitend regstreekse verkeersdata, parkeertendense, rooilig- en spoedkameras en ander regstreekse dienste. Dit laat jou ook toe om gekoppelde kenmerke te gebruik, soos Versend-en-Naspoor-ritdeling en -boodskapversending.

Regstreekse verkeersdata

Stuur intydse verkeersdata na jou toestel, byvoorbeeld verkeersinsidente en -vertragings, konstruksiesones en padsluitings (Verkeer).

Regstreekse parkeerinligting

Stuur intydse parkeertendense na jou toestel, waar beskikbaar (Parkering).

Garmin® Regstreekse Dienste

Verskaf gratis en betaalde dienste om regstreekse data na jou toestel te stuur, byvoorbeeld rooilig- en spoedkameras, of verkeerskameras (Garmin Regstreekse Dienste).

Weerinligting

Stuur intydse weersomstandighede en -waarskuwings na jou toestel (Besigtig die Weervoorspelling).

Versend-en-Naspoor

Laat jou toe om versendings te ontvang en jou rit intyds te deel met ’n versender en gekose kontakte (Versend-en-Naspoor).

Slimkennisgewings

Vertoon foonkennisgewings en -boodskappe op jou toestel. Hierdie kenmerk is nie vir alle tale of boodskapsoorte beskikbaar nie.

Vryhand-oproepe

Stel jou in staat om jou toestel te gebruik om oproepe te maak en te ontvang en om die toestel as ’n vryhand-luidsprekerfoon te gebruik.

LET WEL: Hierdie kenmerk vereis nie ’n verbinding aan die Smartphone Link-toepassing nie.
Stuur liggings na jou toestel

Stel jou in staat om liggings vanaf jou slimfoon na jou navigasietoestel te stuur.

Foursquare® aanmelding

Stel jou in staat om tot Foursquare liggings aan te meld met die gebruik van jou navigasietoestel (Aanmeld met Foursquare).

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-E3EEE22C-B272-4306-A0C9-4E4ECDA3BE3A v3