Bestuurderbewustheidskenmerke en -Waarskuwings
Die bestuurderwaarskuwings en spoedgrenskenmerke is slegs ter inligting en vervang nie jou verantwoordelikheid om alle gegewe spoedgrenstekens na te kom en om te alle tye veilige bestuursoordeel te gebruik nie. Garmin® is nie verantwoordelik vir enige verkeersboetes of dagvaardings wat jy ontvang vir versuim om alle toepaslike verkeerswette en -tekens na te kom nie.
Jou toestel bied kenmerke wat kan help om veiliger bestuur aan te moedig en doeltreffendheid te verhoog, selfs wanneer jy in ’n bekende area bestuur. Die toestel speel ’n hoorbare klank of boodskap en vertoon inligting vir elke waarskuwing. Jy kan die hoorbare toon vir sekere tipes bestuurderwaarskuwings ontsper of versper. Nie alle waarskuwings is in alle gebiede beskikbaar nie.
- Skole
-
Die toestel speel ’n klank en vertoon die afstand na en spoedgrens (indien beskikbaar) vir ’n naderende skool of skoolterrein.
- Spoedgrensvermindering
-
Die toestel speel ’n klank en vertoon die naderende verminderde spoedgrens sodat jy voorbereid kan wees om jou spoed te verminder.
- Spoedgrensoorskryding
-
Die toestel speel ’n klank en vertoon ’n rooi rand om die spoedgrensikoon wanneer jy die gegewe spoedgrens vir die huidige pad oorskry.
- Spoedgrensverandering
-
Die toestel speel ’n klank en vertoon die naderende spoedgrens sodat jy voorbereid kan wees om jou spoed aan te pas.
- Verkeerde rigting in ’n eenrigtingstraat
-
Die toestel speel ’n boodskap en vertoon ’n volskermwaarskuwing as jy in die verkeerde rigting in ’n eenrigtingstraat reis. Die kante van die skerm vertoon rooi en ’n waarskuwing bly wys bo aan die skerm totdat jy die eenrigtingstraat verlaat of in die regte rigting begin ry.
- Spooroorgang
-
Die toestel speel ’n klank en vertoon die afstand na ’n naderende spooroorgang.
- Diereoorgang
-
Die toestel speel ’n klank en vertoon die afstand na ’n naderende diereoorgang.
- Draaie
-
Die toestel speel ’n klank en vertoon die afstand na ’n draai in die pad.
- Stadiger verkeer
-
Die toestel speel ’n klank en vertoon die afstand na stadiger verkeer wanneer jy teen ’n hoër spoed stadiger verkeer nader. Jou toestel moet verkeersinligting ontvang om hierdie kenmerk te kan gebruik (Verkeer).
- Uitputtingswaarskuwing
-
Die toestel speel ’n klank en stel naderende stilhouplekke voor nadat jy vir meer as twee uur bestuur het sonder om te stop.
- Geen vragmotors toegelaat nie
-
Die toestel speel ’n klank wanneer jy ’n pad nader waar vragmotors nie toegelaat word nie.
- Risiko van grondkontak
-
Die toestel speel ’n klank en vertoon ’n boodskap wanneer jy ’n pad nader waar die onderkant van jou voertuig met die grond kontak kan maak.
- Laterale wind
-
Die toestel speel ’n klank en vertoon ’n boodskap wanneer jy ’n pad nader waar daar ’n risiko van laterale wind is.
- Nou pad
-
Die toestel speel ’n klank en vertoon ’n boodskap wanneer jy ’n pad nader wat dalk te nou vir jou voertuig is.
- Steil heuwel
-
Die toestel speel ’n klank en vertoon ’n boodskap wanneer jy ’n steil heuwel nader.
- Staat- en landsgrense
-
Die toestel speel ’n klank en vertoon ’n boodskap wanneer jy die grens van ’n staat of land nader.