Die photoLive-kaartnutsmiddel wys verkeerskameras op die pad voor jou.
Kies > photoLive vanaf die kaart.
Die toestel wys die regstreekse beeld van die naaste verkeerskamera op die pad voor jou, sowel as die afstand na die kamera. Wanneer jy verby die kamera ry, laai die toestel die regstreekse beeld van die volgende kamera op die pad.
Indien geen kameras vir die pad gevind word nie, kies Vind kameras om nabygeleë verkeerskameras te sien of te berg (opsioneel).