Bestuurderbewustheidskenmerke en -Waarskuwings

WEES VERSIGTIG

Die bestuurderwaarskuwings en spoedgrenskenmerke is slegs ter inligting en vervang nie jou verantwoordelikheid om alle gegewe spoedgrenstekens na te kom en om te alle tye veilige bestuursoordeel te gebruik nie. Garmin® is nie verantwoordelik vir enige verkeersboetes of dagvaardings wat jy ontvang vir versuim om alle toepaslike verkeerswette en -tekens na te kom nie.

Jou toestel bied kenmerke wat kan help om veiliger bestuur aan te moedig en doeltreffendheid te verhoog, selfs wanneer jy in ’n bekende area bestuur. Die toestel speel ’n hoorbare klank of boodskap en vertoon inligting vir elke waarskuwing. Jy kan die hoorbare toon vir sekere tipes bestuurderwaarskuwings ontsper of versper. Nie alle waarskuwings is in alle gebiede beskikbaar nie.

Skole

Die toestel speel ’n klank en vertoon die afstand na en spoedgrens (indien beskikbaar) vir ’n naderende skool of skoolterrein.

Spoedgrensvermindering

Die toestel speel ’n klank en vertoon die naderende verminderde spoedgrens sodat jy voorbereid kan wees om jou spoed te verminder.

Spoedgrensoorskryding

Die toestel speel ’n klank en vertoon ’n rooi rand om die spoedgrensikoon wanneer jy die gegewe spoedgrens vir die huidige pad oorskry.

Spoedgrensverandering

Die toestel speel ’n klank en vertoon die naderende spoedgrens sodat jy voorbereid kan wees om jou spoed aan te pas.

Verkeerde rigting in ’n eenrigtingstraat

Die toestel speel ’n boodskap en vertoon ’n volskermwaarskuwing as jy in die verkeerde rigting in ’n eenrigtingstraat reis. Die kante van die skerm vertoon rooi en ’n waarskuwing bly wys bo aan die skerm totdat jy die eenrigtingstraat verlaat of in die regte rigting begin ry.

Spooroorgang

Die toestel speel ’n klank en vertoon die afstand na ’n naderende spooroorgang.

Diereoorgang

Die toestel speel ’n klank en vertoon die afstand na ’n naderende diereoorgang.

Draaie

Die toestel speel ’n klank en vertoon die afstand na ’n draai in die pad.

Stadiger verkeer

Die toestel speel ’n klank en vertoon die afstand na stadiger verkeer wanneer jy teen ’n hoër spoed stadiger verkeer nader. Jou toestel moet verkeersinligting ontvang om hierdie kenmerk te kan gebruik (Verkeer).

Uitputtingswaarskuwing

Die toestel speel ’n klank en stel naderende stilhouplekke voor nadat jy vir meer as twee uur bestuur het sonder om te stop.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-D5CC4776-D7B3-4238-9004-9B9B34498BA3 v1