Rooilig- en Spoedkameras

KENNISGEWING

Garmin® is nie verantwoordelik vir die akkuraatheid of gevolge van die gebruik van ’n rooilig- of spoedkameradatabasis nie.

LET WEL: Hierdie kenmerk is nie vir alle streke of produkmodelle beskikbaar nie.

Inligting oor rooilig- en spoedkameraliggings is in sommige areas vir sekere produkmodelle beskikbaar. Die toestel waarsku jou wanneer jy ’n gerapporteerde spoed- of rooiligkamera nader.

  • Jou toestel kan in sommige areas regstreekse rooilig- en spoedkamera-data ontvang terwyl dit aan ’n slimfoon verbind is wat die Garmin Drive™ toepassing loop.

  • Jy kan Garmin Express™ se sagteware gebruik (garmin.com/express) om die kameradatabasis wat op jou toestel geberg word, by te werk. Jy moet jou toestel gereeld bywerk om die jongste kamera-inligting te ontvang.

  • Om ’n opgedateerde databasis van rooilig- en veiligheidskameraliggings te behou, moet jou toestel ’n aktiewe intekening hê om veiligheidskameradata af te laai en te berg. Besoek garmin.com/speedcameras om beskikbaarheid en versoenbaarheid na te gaan, of om ’n intekening of eenmalige bywerking te koop. Jy kan te eniger tyd ’n nuwe streek koop of ’n bestaande intekening verleng.
    LET WEL: In sommige streke sluit sommige produkbondels voorafgelaaide rooilig- en spoedkameradata met intekeninglose bywerkings in.
Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-D5CC4776-D7B3-4238-9004-9B9B34498BA3 v1