Paring met jou slimfoon

Jy kan jou Garmin® toestel met jou slimfoon en die Garmin Drive™ toepassing paar om bykomende kenmerke te ontsper en toegang tot intydse inligting te kry (Regstreekse Dienste, Verkeer en Slimfoonkenmerke).

  1. Installeer die Garmin Drive toepassing vanuit die toepassingwinkel op jou slimfoon.
  2. Skakel jou Garmin toestel aan en plaas die toestel en jou slimfoon binne 3 m (10 vt.) van mekaar.
  3. Maak die Garmin Drive toepassing op jou foon oop.
  4. Volg die instruksies op die skerm om by ’n Garmin rekening aan te teken en die paar- en opstelproses te voltooi.

Die hoof-toepassingpaneelbord verskyn. Nadat die toestelle gepaar is, verbind hulle outomaties wanneer hulle aangeskakel en binne reikafstand is.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-CA7AA54D-CB83-4144-9D67-F6EFCC67D442 v8