Redigeer en uitvoer van ’n video

Jy kan die lengte van jou video snoei om onnodige beeldmateriaal te verwyder voordat jy dit na die Vault uitvoer.

  1. Terwyl jy na ’n video kyk, sleep die snoeihandvatsels Byskrif nommer een op die video se vorderingsbalk links of regs om die videolengte te snoei.

    Skermskoot van die videosnoeibalk met ’n byskrif
  2. Kies die Sluit oudio in-merkblokkie om die opgeneemde oudio in te sluit (opsioneel).
  3. Kies Regterpyltjie of kies Voer uit.
    LET WEL: Jy moet die toepassing in die voorgrond hou terwyl jy ’n video uitvoer.

    Die toepassing voer die gesnoeide video uit na die Vault en berg die video na jou slimfoon.

  4. As die video-uitvoer voltooi is, kies ’n opsie (opsioneel):
    • Om die video van die kamerageheuekaart af te verwyder, kies Verwyder uit kamera.

    • Om na die galery terug te keer, kies Regterpyltjie of kies Gedoen.

GUID-ABAF6DFB-E932-4604-8ED5-926EAB8D964C v3
September 2024