Paneelbordkamera-opname
Sekere jurisdiksies kan die opneem van oudio of video, of die neem van foto's verbied of reguleer. Jurisdiksies kan vereis dat alle partye kennis dra van die opname en toestemming verleen voordat jy oudio en video opneem of foto’s neem. Dit is jou verantwoordelikheid om alle wetgewing, regulasies en enige ander beperkings in jou jurisdiksie te ken en na te kom.
Die paneelbordkamera neem video op na die kamerageheuekaart. Die toestel begin by verstek om outomaties video op te neem wanneer dit aanskakel en dit hou aan om op te neem tot dit afgeskakel word. Indien die geheuekaart vol is, skrap die toestel outomaties die oudste ongebergde video om spasie vir nuwe video's te skep.
Wanneer die opsie ontsper is om onmiddellik ongebergde video te skrap, skrap die toestel voortdurend ongebergde video wat ouer as drie minute is en skrap dit alle ongebergde video elke keer wat dit afgeskakel word. Jy kan hierdie kenmerk in die kamera-instellings ontsper of versper (Paneelbordkamera-instellings).
Jy kan ’n video-opname berg om te verhoed dat dit geskrap word of dat daar oor dit geskryf word.
- Berg ’n Paneelbordkamera-opname
- Stop of Begin Paneelbordkamera-opname
- Aan- of Afskakel van Oudio-opname