Stel data en instellings terug

Die toestel bied verskeie opsies om gebruikersdata te skrap en alle instellings na die fabriekverstekwaardes terug te stel.

  1. Kies Toepassinginstellings > Toestel > Stel terug.
  2. Kies ’n opsie:
    • Om jou reisgeskiedenis te wis, kies Wis Reisgeskiedenis.

      Hierdie opsie skrap alle rekords van die plekke waar jy gereis het. Dit skrap nie gebergde liggings of geïnstalleerde kaarte nie.

    • Om alle instellings na die fabriekverstekwaardes terug te stel, kies Herstel verstekinstellings.

      Hierdie opsie skrap nie enige gebruikersdata nie.

    • Om alle gebruikersdata te skrap en alle instellings na die fabriekverstekwaardes terug te stel, kies Skrap data en stel instellings terug.

      Hierdie opsie skrap alle gebruikersdata, insluitend jou gebergde liggings, liggings wat onlangs gevind is en reisgeskiedenis. Geïnstalleerde kaarte word nie geskrap nie.

GUID-ABAF6DFB-E932-4604-8ED5-926EAB8D964C v3
September 2024