Alle microSD® geheuekaarte hou op werk nadat dit baie kere oorskryf is. Om die kaart van tyd tot tyd te formateer kan die lewensduur en die werkverrigting daarvan verbeter. Omdat die paneelbordkamera die heeltyd opneem, sal jy dalk die geheuekaart van tyd tot tyd moet vervang. Jou toestel bespeur geheuekaartfoute outomaties en waarsku jou wanneer dit tyd is om jou geheuekaart te formateer of te vervang.
Jy kan hierdie stappe doen om die geheuekaart se gebruiksduur te help verleng.
-
Formateer die geheuekaart minstens een keer elke ses maande.
-
As die toestel ’n geheuekaartfout-waarskuwing wys, moet jy eers probeer om die geheuekaart te formateer en dan, indien nodig, die geheuekaart vervang.
-
Skakel die toestel af wanneer jou voertuig nie gebruik word nie.
Indien jou toestel nie aan ’n aansittergeaktiveerde voertuigkragpunt gekoppel is nie, moet jy die toestel afskakel wanneer jou voertuig nie gebruik word nie, om te verhoed dat die paneelbordkamera onnodige beeldmateriaal opneem.
-
Gebruik ’n geheuekaart met ’n hoër bergingskapasiteit.
Omdat geheuekaarte met ’n hoër kapasiteit minder gereeld oorskryf word, hou dit gewoonlik langer.
-
Gebruik ’n geheuekaart van hoë gehalte met ’n spoedgradering van klas 10 of hoër.
-
Koop jou plaasvervanger-geheuekaart by ’n hoëgehaltevervaardiger en ’n verkoper met ’n goeie naam.