Liggingsoekresultate

Die liggingsoekresultate verskyn by verstek in ’n lys, met die naaste ligging bo-aan. Jy kan afwaarts rollees om meer resultate te sien.


Liggingsoekresultatelys met byskrifte

Byskrif nommer een

Kies ’n ligging om na die opsiekieslys te kyk.

Byskrif nommer twee Inligting

Kies om gedetailleerde inligting oor die gekose ligging te sien.

Byskrif nommer drie Avontuurlustige paaie

Kies om navigasie met gebruik van Garmin Adventurous Routing™ na die ligging te begin.

Byskrif nommer vier Gaan!

Kies om met gebruik van die aanbevole roete na die ligging te begin navigeer.

Byskrif nommer vyf Soekresultatekaart

Kies om die soekresultate op die kaart te sien.

GUID-7E13E879-D2C7-4B0C-9E63-CD693B2E7042 v4
Oktober 2024