Verbind aan die stereo met behulp van ’n Bluetooth verbinding

Indien jy ’n versoenbare voertuigstereo het, kan jy die Garmin DriveSmart™ toestel se oudio na die voertuigstereo stuur met behulp van ’n koordlose Bluetooth® verbinding. Daardeur kan jy hoëgehalte oudio vir navigasieporboodskappe, media en telefoonoproepe oor jou voertuig se luidsprekers hoor, sonder ’n draadkoppeling.

LET WEL: Indien jou stereo nie oor Bluetooth tegnologie beskik nie, kan jy oudio na die stereo met behulp van ’n oudiohulpkabel stuur (Verbind aan die stereo met behulp van ’n oudiohulpkabel).
LET WEL: Hierdie kenmerk is nie vir alle produkmodelle beskikbaar nie.
  1. Kies ’n opsie:
    • Gedurende die aanvanklike Garmin Drive™ toepassing-bindingsproses, kies Ja wanneer die toepassing vra of jy tans Bluetooth tegnologie gebruik om jou slimfoon aan jou voertuig te verbind.

    • Ná die aanvanklike bindingsproses, uit jou Garmin DriveSmart toestel, kies Volume > Bluetooth Oudio-opstelling en verifieer dat Voertuig vir elke tipe oudio gekies is wat jy met behulp van ’n Bluetooth verbinding na jou stereo wil stuur. Oudiotipes wat op Garmin-toestel gestel is, speel deur die Garmin DriveSmart toestel se luidspreker.

  2. Stel die oudiobron vir jou voertuig se stereo na die Bluetooth toevoer.
    LET WEL: Die toestel stuur by verstek oudio na jou stereo deur middel van Bluetooth mediamodus, wat vereis dat jou stereo op die Bluetooth bron gestel is. Jy kan die Bluetooth modusinstellings verander om eerder sommige of alle oudio deur middel van Bluetooth vryhand-oproepmodus te stuur (Bluetooth Oudiomodusse).
GUID-6E5DFD2E-EEE4-4EF3-89BC-AACD1B4936C7 v11
Augustus 2024