Ek kan nie klank vanaf my toestel hoor nie
Die Garmin DriveSmart™ toestel en toepassing verskaf verskeie opsies vir oudiolewering om by verskillende voertuie en installasiemetodes aan te pas. Indien jy nie oudio vanaf die toestel kan hoor nie, moet jy die toestelinstellings en -verbindings vir jou installasiemetode hieronder verifieer.
-
Verifieer elk van hierdie items vir alle installasiemetodes:
-
Verifieer dat jou Garmin DriveSmart toestel gebind is aan jou slimfoon en verbind is aan die Garmin Drive™ toepassing (Paring met jou slimfoon).
-
Verifieer dat die Garmin DriveSmart toestelvolume hard genoeg is om te hoor.
Jy kan sê OK, Garmin, increase the volume.
-
Verifieer dat die mediavolume-instelling op jou slimfoon nie gedemp is nie.
-
-
Indien jy met ’n Bluetooth® verbinding aan jou voertuig of voertuigstereo wil verbind, moet jy elk van hierdie items verifieer:
-
Kies vanaf jou Garmin DriveSmart toestel en verifieer dat Voertuig gekies is vir elke oudiotipe wat jy met ’n Bluetooth verbinding na jou stereo wil stuur.
-
Verifieer dat jou slimfoon aan jou voertuig gebind is en met koordlose Bluetooth tegnologie verbind is.
Raadpleeg jou voertuig se eienaarshandleiding vir meer inligting oor hoe om jou slimfoon aan jou voertuig te bind.
-
Verifieer dat jou voertuigstereo op die Bluetooth oudiobron gestel is.
-
-
Indien jy met gebruik van die aanvullende Garmin DriveSmart oudiolewering aan jou voertuigstereo wil verbind, moet jy elk van hierdie items verifieer:
-
Verifieer dat ’n 3,5 mm-oudiokabel gekoppel is aan die oudioleweringklink in die Garmin DriveSmart voertuig-kragaansluitprop en aan die aanvullende toevoerklink vir jou voertuigstereo (Verbind aan die stereo met behulp van ’n oudiohulpkabel).
LET WEL: Jy moenie jou foon se oorfoonklink vir aanvullende lewering gebruik nie. Sekere soorte oudio kan nie met gebruik van die foon se oorfoonklink gespeel word nie. -
Verifieer dat die toestel se kragkabel aan die blou poort op die voertuig-kragaansluitprop gekoppel is.
-
Kies vanaf jou Garmin DriveSmart toestel en verifieer dat Garmin-toestel vir elke oudiosoort gekies is.
-
Verifieer dat jou voertuigstereo op die oudiobron vir aanvullende toevoer gestel is.
-
-
Indien jy die interne Garmin DriveSmart toestelluidspreker wil gebruik, moet jy elk van hierdie items verifieer:
-
Kies vanaf jou Garmin DriveSmart toestel en verifieer dat Garmin-toestel vir elke oudiosoort gekies is.
-
Verifieer dat geen kabel aan die oudioleweringklink in die Garmin DriveSmart voertuig-kragaansluitprop gekoppel is nie.
-