Verkry GPS-seine
Wanneer jy jou navigasietoestel aanskakel, moet die GPS-ontvanger satellietdata versamel en die huidige ligging vasstel. Die tyd wat benodig word om satellietseine op te spoor, wissel op grond van verskeie faktore, waaronder hoe ver jy van die ligging is waar jy laas jou navigasietoestel gebruik het, of jy die lug duidelik kan sien, en hoe lank dit was sedert jy laas jou navigasietoestel gebruik het. Die eerste keer wat jy jou navigasietoestel aanskakel, kan dit etlike minute neem om satellietseine op te spoor.
- Skakel die toestel aan.
- Wag terwyl die toestel satelliete opspoor.
- Indien nodig, gaan na ’n oop area, weg van hoë geboue en bome.
in die statusbalk dui die sterkte van die satellietsein aan. Wanneer ten minste die helfte van die balkies vol is, is die toestel reg vir navigasie. Jy kan aan die
-ikon raak om meer besonderhede oor jou satellietsein te sien, soos jou huidige ligging se akkuraatheid.