Bestuurderbystandinstellings

Kies Instellings > Bestuurderhulp.

Ryerwaarskuwings

Laat jou toe om waarskuwings vir opkomende sones of padtoestande te ontsper of versper (Ryerbewustheidskenmerke en -waarskuwings).

Waarskuwing vir spoedgrensoorskryding

Waarsku jou wanneer jy die spoedgrens oorskry.

Verlaagde spoedlimiet

Waarsku jou wanneer die spoedgrens daal.

Ritopsomming

Vertoon ’n opsomming van jou rit aan die einde van ’n roete.

Nabygeleë plekke

Vertoon besienswaardighede naby die bestemming.

Valhelmgids

Vertoon veranderinge in valhelmvereistes wanneer grense oorgesteek word.

Landgrenswaarskuwing

Vertoon ’n kennisgewing wanneer internasionale grense oorgesteek word.

Roetevoorskou

Vertoon ’n voorskou van die hoofpaaie op jou roete wanneer jy begin navigeer.

Rustydbeplanning

Herinner jou om te rus en vertoon opkomende diensstasies nadat jy vir ’n verlengde tyd gery het. Jy kan rustydherinneringe en opkomende diensstasievoorstelle ontsper of versper.

Outomatiese insidentbespeuring

Stel die navigator in staat om insidente te bespeur en om noodkontakte in kennis te stel wanneer die navigator ’n insident bespeur (Insidentbespeuring en -kennisgewings).

Insidentboodskappe

Stel jou noodkontakte in kennis as ’n insident bespeur word (Insidentbespeuring en -kennisgewings).

GUID-4BE99090-811B-47FE-896B-D04EF0B4ED72 v1
Februarie 2026