Die byvoeging van spanne vir wedstrydwaarskuwings

Jy kan waarskuwings vir sportspanne stel sodat wanneer ’n wedstryd op enige sportkanaal begin waarin ’n gestoorde span speel jy gou op daardie kanaal kan inskakel.

LET WEL: ’n Wedstrydwaarskuwing is anders as ’n SportsFlash™ waarskuwing. ’n Wedstrydwaarskuwing laat jou weet wanneer ’n wedstryd begin, terwyl ’n SportsFlash waarskuwing jou laat weet wanneer opwindende spel tydens ’n wedstryd voorkom.
  1. Kies Kieslys > Voeg waarskuwing by > Wedstrydwaarskuwingspanne.
  2. Kies ’n sportliga.
  3. Kies ’n span om die merkblokkie te vul en voeg ’n wedstrydwaarskuwing by.
  4. Herhaal stap 2 en 3 vir elke span wat jy by jou lys wedstrydwaarskuwings wil voeg.
Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-31BF71FA-C94A-4E45-AB5F-B85B7AEF6A73 v4