Bestuur waarskuwings

Jy kan jou gestoorde waarskuwings bestuur om dié te kies wat jy wil ontvang. Jy kan gestoorde waarskuwings skrap wat jy nie wil hê nie.

  1. Kies Kieslys > SiriusXM-instellings > Waarskuwing-bestuur.
  2. Kies ’n opsie:
    • Om gestoorde waarskuwings vir slegs liedjies, slegs kunstenaars of kunstenaars sowel as liedjies te aktiveer, kies Ontsper volgens tipe en kies ’n soort.

    • Om gestoorde waarskuwings slegs vir spesifieke kunstenaars te aktiveer, kies Ontsper kunstenaars en kies die kunstenaars.

    • Om gestoorde waarskuwings slegs vir spesifieke liedjies te aktiveer, kies Ontsper liedjies en kies die liedjies.

    • Om gestoorde wedstrydwaarskuwings vir spesifieke spanne te aktiveer, kies Ontsper spanne en kies die spanne.

    • Om alle gestoorde waarskuwings vir liedjies, kunstenaars of spanne te skrap, kies Skrap volgens tipe en kies ’n soort.

    • Om gestoorde waarskuwings slegs vir spesifieke kunstenaars te skrap, kies Skrap kunstenaars en kies die kunstenaars.

    • Om gestoorde waarskuwings slegs vir spesifieke liedjies te skrap, kies Skrap liedjies en kies die liedjies.

    • Om gestoorde wedstrydwaarskuwings vir spesifieke spanne te skrap, kies Skrap spanne en kies die spanne.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-31BF71FA-C94A-4E45-AB5F-B85B7AEF6A73 v4